Liewe almal
Liewe almal
Altyd so goed om van julle te hoor. Ons wil net uit die diepte van ons harte vir julle almal so bedank vir wat julle al vir Gentlecare gedoen het in die jaar van 2012. Sonder al julle gebede en donasies sou ons nie kon doen wat ons die jaar gedoen het nie. Ons het 'n baie besige jaar gehad; baie dinge het gekom en gegaan; baie hartseer en tog ook baie vreugde.
Daar is so baie om te vertel en baie fotos om te wys. Ek sal in die nuwe jaar fotos aanstuur van die laaste paar maande by Gentlecare. Ons hou ons kers ete nou die 20ste vir die pasiente. Dan stuur ek weer fotos om te wys hoe geniet hulle dit.
Ons kan nie dankie genoeg se die die wonderlike mense by julle wat se harte so groot is vir ons hier in Britstown nie.
Ons stuur vir almal 'n baie groot drukkie van liefde.
Ons beddens bly vol. as die een leeg gaan staan die volgende een om in te kom. Ons wens so dat elke dorp so 'n plek kan he. As die Here ons lewe spaar dan wil ons in die nuwe jaar 'n saal oopmaak waar ons die nie te siek mense kan instoot nie.
Ons het 'n baie groot probleem met die bejaardes wat net 'n klein pensioen kry van 1200 Rand per maand, en dus nie in 'n ouethuis kan kom nie. Die bejaardes het soms nie kinders om na hulle te kyk nie. Dan word hulle so op hul eie lot oorgelaat.
Ons het twee bejaardes in gekry wat in 'n vreeslike toestand van van ondervoeding gele het. Hulle is so swak dat ons nie weet of hul die krag sal kry om weer te kan loop nie.
Ons harte is dankbaar vir julle en dit is vir ons so n voorreg om nog te kan doen wat die Here wil he ons moet doen.
Ons wens vir julle is 'n wonderlike en geseende Kersfees, met net die mooiste vir die nuwe jaar. Mag al julle drome waar word.
Ek stuur weer later al die nuwe fotos aan, dra ons groete oor al die die wat so mildelik gegee het vir Gentlecare.
Baie liefde en seen vir julle
Ivonne en Tommie Gentle
|